Vraag – hoekom word ons kwaad?

Onlangs (3 November) kom die Amerikaanse presidensiële verkiesing tot n punt. ‘n Veldtog wat gekenmerk is deur ‘n bitter en venynige stryd tussen partye en persoonlikhede. Eintlik is die dinamika om ‘n hoogs sigbare gebeurtenis soos wat ons hier ervaar net ‘n spieëlbeeld van ons lewensondervinding  as mens. Woede, ongenaakbaarheid, haat en eie belang ongeag van die koste daaraan verbonde. Ons ‘goed-en-kwaad’ geteisterde menslike toestand. Aan die een kant die mens se vermoë vir uitnemende dade van liefde en omgee vir andere, opgeweeg teen ons paradoksale gedrag van onbeskryflike gru dade teenoor andere en ons omgewing.

Vraag: Waarom tree ons, as denkende, rasionele, uiters intelligente, skynbaar verstandige wesens, só genadeloos, mededingend en selfsugtig op dat die lewe byna ondraaglik geraak het en ons ons eie planeet al feitlik verwoes het?”

Ek het onlangs op die volgende omskrywing afgekom van woede in mense: Woede is eerstens ʼn biologiese verskynsel wat in die oerbrein ontstaan en tweedens ʼn emosionele verskynsel. Dit is dus ’n normale, menslike reaksie.” Meeste mense aanvaar dat die oerbrein waarna hier verwys word die onderliggende rede is waarom ons amper ‘onwillikeurig’ onderhewig is aan ‘goed’en’kwaad’ spanning daagliks.

Die volgende aanhalings wat die aanname egter weerspreek dat ons woede ‘instinktief’ is, kom uit die navorsing van Australiese Bioloog, Jeremy Griffith. Ek is van mening dat Griffith daarin slaag om, met deernis, die ware Sielkundige verklaring van die Menslike Toestand met ‘n versoenbare biologiese oplossing staaf van hierdie uiters belangrike vraag waarom die mensdom, brutaal-mededingend, selfsugtig en aggressief is. Die voortbestaan van ons planeet en die mensdom is in gedrang. Derhalwe is hierdie verklaring van kardinale belang.

“Hierdie idee dat ons wrede mededingende en aggressiewe, ons-moet-ons-genereproduseer-instinkte het, kan tog seker nie die werklike rede vir ons spesie se mededingende en aggressiewe gedrag wees nie. Want die woorde wat gebruik word om ons mensegedrag te beskryf – soos egosentries, arrogant, besiel, terneergedruk, bedrieglik, pessimisties, optimisties, vals, haatdraend, sinies, lelik, sadisties, immoreel, briljant, skuldige, boos, psigoties, neuroties en vervreemdend – is almal woorde wat die betrokkenheid van ONS spesie se ten volle bewuste denkende verstand erken. Hulle toon dat daar ’n sielkundige dimensie aan ons gedrag is; dat ons nie aan ’n geneties-opportunisties-gedrewe ‘dierlike toestand’ ly nie, maar eerder ’n bewusteverstandsgebaseerde, sielkundig-versteurde MENSLIKE TOESTAND.

Bowendien het mense samewerkende, onselfsugtige en liefdevolle morele instinkte – en dit kom tot uitdrukking in wat ons ons morele bewussyn of gewete noem – en dit is die presiese teenoorgestelde van ons mededingende, selfsugtige en aggressiewe instinkte.”

Ons primaatvoorouers was nie soos hulle lankal in skilderye beskryf word wilde, wrede ondiere nie, en hier deur die paleoskilderkunstenaar Jay H. Matternes in die tydskrif Science uitgebeeld word.

Om meer hieroor te lees, is die skakel na ‘n insiggewende Onderhoud wat Jeremy onlangs met n Britse radio omroeper gevoer het. Die Onderhoud transkripsie is ook nou beskikbaar in Afrikaans en kan gratis afgelaai word vanaf ons web tuiste, www.wtmsouthafrica.com

John Mulder – November 2020

John

Next Post

Solstice - a sign??

Sun Dec 20 , 2020
I dunno, y’all. My Virgo sun Gemini rising soul is having Feelings about astrology right now.I love the idea of magic and mystery. I love meaningful rituals. I talk to trees. So I understand the urge to imbue everything with meaning, and I think it’s generally a beautiful human trait.But […]