Wanneer ‘n dame in beheer is van sake . . .

Stof tot nadenke:

Bydrae deur John Mulder

In ‘n vorige artikel het ons die mite dat die ‘Menslike Toestand’ (Die paradoksale gedrag van mense wat altruisties liefdevol teenoor hul medemens kan wees en feitlik in dieselfde asem instaat is tot aggressie, venyn en selfs gru dade) toegskryf kan word aan ‘oeroue’ dierlike instinke weerlê. Die volgende aanhaling is uit ‘n transkripsie van ‘n radio onderhoud met Bioloog Jeremy Grifith oor die Menslike Toestand (Menslike Goed-en Kwaad gedragspatroon):

“Hierdie idee dat ons wrede mededingende en aggressiewe, ons-moet-ons-genereproduseer-instinkte het, kan tog seker nie die werklike rede vir ons spesie se mededingende en aggressiewe gedrag wees nie. Want die woorde wat gebruik word om ons mensegedrag te beskryf – soos egosentries, arrogant, besiel, terneergedruk, bedrieglik, pessimisties, optimisties, vals, haatdraend, sinies, lelik, sadisties, immoreel, briljant, skuldige, boos, psigoties, neuroties en vervreemdend – is almal woorde wat die betrokkenheid van ONS spesie se ten volle bewuste denkende verstand erken. Hulle toon dat daar ’n sielkundige dimensie aan ons gedrag is; dat ons nie aan ’n geneties-opportunisties-gedrewe ‘dierlike toestand’ ly nie, maar eerder ’n bewusteverstandsgebaseerde, sielkundig-versteurde MENSLIKE TOESTAND” en ook

“Ons primaatvoorouers kon dus nie brutale, mededingende en aggressiewe barbare wees soos ons geleer is nie. Hulle het eerder in ’n paradysagtige tuin soos Eden in ’n toestand van samewerking, onbaatsugtigheid en liefdevolle en sagmoedige onskuld geleef.”

‘n Goeie voorbeeld van hoe ons voorsate heel waarskynlik ‘n ‘paradys’ tipe van lewe gely het, is die hoogsbedreigde Bonobo aap spesies, wat slegs in die Congo Vallei (DRC) voorkom. Seblief mense, hulle is nie ons direkte voorouers nie maar het wel 97.8% van ons DNA in gemeen en derhalwe meer as alle ander diersoorte.

Volgens antropoloë soos C. Owen Lovejoy en andere, word daar nou besef dat ‘ons spesie-bepalende samewerkende mutualisme ver verby die oudste Plioseen-tydperk gestrek het [wat meer as 5.3 miljoen jaar gelede was]

Belangrike eienskappe van hul lewenswyse, sluit ondermeer in:

  1. Vroulief is in beheer. Matriargale gemeenskap. Die dominante Bonobo is altyd vroulik en sou ‘n mannetjie dalk sy perke oorskry, staan al wat ‘n dame is saam om hom op sy plek te sit.
    2. Ons naaste dier familie: met 97.8% soortgelyke DNA.
    3.   Hulle is nie aggressief nie: Met verloop van tyd het hulle selfs nog minder aggressief geword.
  2. Meesterlike konflik beheer: ‘n Spannings toestand tussen Bonobo’s word gou aangespreek deur ‘n drukkie of twee (of selfs meer . . .) teneinde ‘n geveg te vermy.
  3. Goeie Samaritane: Sien om na andere sonder om te skroom, selfs meer as mense. Bonobos verkies ondermeer om kos met vreemdelinge te deel.
  4. ‘n Kind kan niks verkeerd doen nie: Wat meer kan ‘n mens nou sê . . .

Om meer van hierdie merkwaardige diere en hul gewoontes te lees besoek gerus https://www.bonobos.org/

Die belangrike en ooglopende vraag is dus:

Wat het skeef geloop in die ontwikkelings proses van die menslike spesie van ‘n oenskylike vreedsame lewenswyse tot op hede?

In opvolg artikels sal ons verder gesels oor die werk van Australiese Bioloog Jeremy Griffith wat geredelik sy navorsing van 40 jaar plus in hierdie verband vrylik beskikbaar stel. Sy ‘nie-abstrakte, nie-mistieke, volkome rasionele en dus verstaanbare, wetenskaplike, biologiese verklaring’ het by my diep inslag gevind asook by vele andere wêreldwyd.

Jeremy het reeds ses boeke oor die menslike toestand uitgegee, wat die Australasiese topverkoper A Species In Denial (2003), en sy definitiewe verhandeling, FREEDOM: The End Of The Human Condition (2016) insluit.

Sy werk het die ondersteuning gelok van vooraanstaande wetenskaplikes soos die voormalige president van die Kanadese Psigiatriese Vereniging, professor Harry Prosen, die wenner van Australië se Templeton Prys bioloog professor Charles Birch, die voormalige president van die Primate Vereniging van Groot Brittanje Dr David Chivers, die wenner van die Nobel Prys fisikus Stephen Hawking, asook ander uitmuntende denkers soos ons eie sir Laurens van der Post – en is te besigtig by www.humancondition.com/ #commendations

Die transkripsie van ‘n onderhoud wat Griffith onlangs gevoer het met ‘n Britse omroeper, Craig Conway is beskikbaar in Afrikaans en kan afgelaai word by https://www.wtmsouthafrica.com/ .  ‘Die Onderhoud’ is ook ‘n handige vertrekpunt sou U meer oor Jeremy se werk wou uitvind.

Kontak nommers: John 062 262 2915 of James 082 375 8382.

E-pos jmoffett@wtmsouthafrica.com

John

Next Post

Thulani and the Daggaboer Farm stall

Fri Feb 5 , 2021
“The individual definition of what success is may vary, but many might define it as being fulfilled, happy, safe, healthy, and loved. It is the ability to reach your goals in life, whatever those goals may be.” Thank you to Isobel, Mariana and Thulani for sharing your story. Daggaboer Farm […]