ROUTE Karoo Spirit Wisdom: – kerk toe

Ek sê altyd (reg of verkeerd, maar dit werk vir my): Ander mense gaan kerk toe, ek gaan groetetuin toe. Wanneer ek groentetuin toe stap, voel dit soos ‘n long lost friend, my special plek, my heilige stil word. Ek stap by die klein hekkie in (anders vreet die koedoes my tuin op), langs my geel rankroos verby en groet met ‘n sagte fluister. Links groei my peppadews welig en regs my Money maker tamaties. Hier en daar klim ek oor ‘n pampoenrank wat oor die paadjie groei….wortels, eiervrugte, bos boontjies…en dan oor die klipbruggie wat oor my watersloot lê. Anderkant die bruggie is ‘n kruieheks se droom. Dill, fennel, rhubab, origanum, marjoram, pietersielie, basil, my persoonlike favorite koriander, tiemie, mint, alles waaraan jy kan dink. Dis ‘n lushof vir bye wat die laaste nektar kom versamel voor ‘n yskoue winter wat voorlê.

Ek gaan sit op ‘n klip langs die watersloot, tussen die chocolate mint. Dis skoon en vars in my neus. Ek dink aan Maré wat vertel hoe die mense in die Oos-Kaap mintblare in hulle neus druk vir sinus. Ek smile. Ek probeer. Die reuk is vars en sterk, ek trek diep in. Ek voel een met die aarde…en my sinusse voel beter. Dis nie ek en nature nie, ek IS nature, ons is één. Ek trek myself diep in my longe in en voel hoe ek eenword met myself. Ek maak my oë toe en just be.

Ek is deel van hierdie alles omvattende Source. Niks is belangrik behalwe die oomblik nie, hierdie Source vrede in my. Die kappertjies by my voete lig my hart nog verder, geel en oranje. Ek kyk. Ek sien. Ek voel en weet. There is so much more. Die wysste woorde ooit is: Ek weet nie, eintlik weet ek niks nie. Maar ek is tevrede. Ou Ben kom my opsoek, hy druk sy snoet in die waai van my nek. Ek sien liefdevolle rooi hang-oë. Ek sien in sy oë alles wat ek moet onthou van huis – gentleness, suiwer liefde, vrede. Ek vertel hom hoe lief is ek vir hom. Hy druk sy neus dieper in. Díé kerk van my is mooi, dis helend, dit maak nuut. Oppad uit pluk ek sommer vandag se kos, lig my t-shirt se soom op en pak in.

Dis my kerk. Mooi loop

Elizma Steenkamp

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Next Post

Pauline Bohnen Nature Reserve – Stilbaai

Wed Mar 24 , 2021
The botanically important Pauline Bohnen Municipal Nature Reserve is located along the eastern border of Stilbaai. Proclaimed in 1982, it has been extended and linked up with Geelkrans Nature Reserve including the eastern coastal front, making it even more diverse. The reserve is named after South African botanist Pauline Bohnen […]