Die Heks van Hex rivier vallei – Marcia Moon singer/songwriter

Marcia Moon singer / songwriter Ek sien myself nie net as n singer/songwriter nie,  ek sien myself baie meer as n spiritualis, bietjie van n magician, as iemand wat groot geword het met fantasie boeke, fantasie TV reekse en flieks. So vir my is dit amper nog meer van n niche en nog moeliker want ek probeer n fantasie folk skep,  maw die tipe flieks wat mens sou kyk soos David Lynch of Hithcock se goed  of jy kyk een of ander fantasie movie. Ek wil daai in my musiek inbring, ek het n gevoel van escapism, omdat ekself deur my lewe fantasie gebruik het om te escape is dit my wêereld en ek dink daar is iets te sê vir dit.Jy weet om actually ‘n fantasie wereld te skep om in te lewe. Iemand sal vir jou sê nee mens moenie, maar ek dink mens moet, ek dink dis baie belangrik dat mense hulle daai fantasie wêreld vir hulle self skep. So dit is maar eintlik wat,  jy weet. Ek skryf baie oor sielkundige goed, baie oor my persoonlike ervarings my verhoudings ek skryf oor siege spiritualiteit maar my hart se punt is fantasie liedjies.

Ek het nou bv die Heks en n liedjie van n meermin, ek het n liedjie van berge en magic wat in die berge is ek het  n liedjie oor science fiction characters so ek is baie lief vir spoke, ek is lief vir misteuriese konsepte ek is baie lief vir daai ou Afrikaanse konsep van jy weet, toe die boere nog sonder elektrisiteit daar in wilde Afrika hulle self gevind het in die aande en al die geeste van Afrika ek dink dis fantastiese wereld wat ek eintlik baie meer en meer wil explore. My oom Ignatius Mocke het sulke gedigte geskryf oor hierdie oomblikke hulle was diep gelowige mense hulle moes wees want hulle het in n baie vulnerable spiritual en fisiese spasie gelewe en so ek het ‘n song ‘Belade van tyd’  wat op dit gebaseer is maar soos ek se ek is baie lief vir daai meer ernstige theatrical donker misteurese daai emosie is vir my my gunsteling emosie, so ek meen die heks, wat Afrikaans heks spook al daai elemente saam in een plek.

Ek ry my hele lewe lank al verby die Matroosberge ek sien altyd die Hex rivier ek meen dit skree net uit dat iemand die storie vertel en ek dink die storie is al vertel vir kinders in boekies maar ek dink dis ‘n redelikeeenvoudige ou storietjie maar ek dink dis baie meer donkerder, baie meer om te sê iets van dit, hoekom noem hulle haar die heks, hoekom is sy nie net n spook nie. Ja vir my ding met die heks , is ek het n aantrekking tot daai vanity van n mooi vrou die darkness wat sy vir haarself  skep,  amper die vrou wat nooit rêrig lief gehê sal word nie want sy is net te mooi, te damaged, en dan wat dit wat haar so gedamage het in die eerstes plek, dan kom mens nou uit by splinter allerhande goed toe en ek dink dis waar die heks vandaan kom, kyk na die groter sosiale lewe kyk van die vrou en dis waarmee ek begin het nie maar soos wat ek studeer en goed kom ek ook meer en meer agter die pyn van die vrou maar hierdie ek hou van die konsep van n donker vrou met ‘n geheim, ‘n donker vrou net ‘n seer plek maar haar beauty en haar seer trek mense maar dit is nie genoeg vir haar nie. Daar is verskillende levels van die heks, jy kry gewone storie op die oppervlak dan kry jy levels levels levels onder dit en jy kan daai theme so ver explore en ek dink ek het die invalslag wat ek mee gespeel het was wat gebeur as sy nou eers dood is want sy is mos die heks aan die een kant maar sy is mos die spook so hoekom dryf  sy daar in die berge rond so as jy na die liedjie luister aan die einde van die dag deur alles deur dink sy gaan haar suitor mos nou ontmoet in die afterlife as sy nou net gaan selfmoord pleeg op die selfde plek waar hy geval  het en eindig sy op in n ander dimensie en ek dink die spiritual chaos wat sy daar vir haarself daar geskep het is net ongelooflik ek meen hier is sy, sy kry nie uit daardie kloof kom nie, sy kannie uit die berge uitkom nie want sy het haarself daar gesit deur ‘n ritueel te doen deur haarself op te offer maar dit het nie gewerk nie en hierdie vreeslik storie gekry dat sy ronddryf as n spook en is die vraag hoe kom sy daaruit  en hoe kry jy iemand uit limbo uit, so ja ek kan baie filosofies daaroor raak maar ek dink daar is soveel elemente van dit,  soos ek se daar is die gewone legende mite, storie van ‘n vrou moenie vain wees

Dan is daar die storie van hoekom noem mens haar die heks wat is mense se persepsie van hekse, en wat is die konsep van die female side of God en dan is daar die persepsie van die afterlife en dan van ons geloof, wat is anderkant die lewe, so ja dis n klomp konsepte en idees en dinge ek sal graag hierdie eendag meer wil uitbou die hele heks verhaal ek dink daar is verskriklik baie kulturele richness as ons actually dit net n bietjie gaan explore. So maybe eendag op n reen dag word is dit dalk nog ‘n teater piece ook . . . . .

Marcia (Marcia Scholtz Mocke) woon in die Wes Kaap en behalwe gewone optredes hou sy daarvan om huiskonserte te doen. Haar kontak nommer is 071 798 8991. Marcia het verskeie musiek albums agter haar naam en is vir meer as 20 jaar al bedrywig in die musiek bedryf.

Hierdie insetsel oor Die Heks is deel van ‘n Onderhoud wat sy goedgunstelik met my gevoer het oor haar kleintyd en vroë bewuswording van musiek en die fantasie wêreld wat deurlopend in haar lirieke en musiek inslag vind.

Dankie Marcia en ons sien uit na ‘n opvolg storie oor jou ondervindinge en daai teater uitvoering wat net wag om te gebeur.

John

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Next Post

VAGABOND PA-17 G-BIHT

Thu Apr 22 , 2021
VAGABOND PA-17 G-BIHT A Vagabond is a light aircraft with a tail wheel configuration. More commonly known as a Tailgdragger. Notoriously more difficult to land as the ground handling requires the skills of a tap dancer to keep it from careening off the runway. Powered up by a 65hp Rolls […]