Cornelia

Op ons pad terug vanaf Port Alfred stop ons by Bathurst. Ek dog dis Bath-urst, maar blykbaar is dit Bat-hurst. By die eerste winkel ontmoet ek vir Amy en haar hond wat my vertel van die dorp se glorie. Richard Pullen, die bekende potter, asook Tori Stowe wat vir Woolworths design, bly in dié dorpie. Ek besef daar en dan dat dit die kunssinniges en die kreatiewe denkers is wat hulle hier kom vestig – díe wat deur die BS van die beskawing kan sien. Ek besluit om ‘n paar teëltjies te koop om in my gardenroom project van 2020 se muur te bou – daar is darem nog ‘n gaatjie in die topbox van die motorfiets. (My man is te bly daar kan nie geshop word nie.)

Ons stop by die historiese Pig & Whistle, die antique shop en by Tori se The Corner shop.

Op ons pad terug vanaf Port Alfred stop ons by Bathurst. Ek dog dis Bath-urst, maar blykbaar is dit Bat-hurst. By die eerste winkel ontmoet ek vir Amy en haar hond wat my vertel van die dorp se glorie. Richard Pullen, die bekende potter, asook Tori Stowe wat vir Woolworths design, bly in dié dorpie. Ek besef daar en dan dat dit die kunssinniges en die kreatiewe denkers is wat hulle hier kom vestig – díe wat deur die BS van die beskawing kan sien. Ek besluit om ‘n paar teëltjies te koop om in my gardenroom project van 2020 se muur te bou – daar is darem nog ‘n gaatjie in die topbox van die motorfiets. (My man is te bly daar kan nie geshop word nie.)

Die coffee shop oorkant die straat kan ‘n rock shandy verskaf en lafenis vir die moordende hitte. Die barman wys na ‘n geboutjie en ek stap die trappe op om met my oë te steel.
Dis toe ek haar ontmoet. Cornelia.

Ek sien eerste die sadness, swaarkry, toe iets tussen hoop en nuwe drome in haar oë. Sy staan en vee haar shop. Sy vra omverskoning…
Ek vra en sy antwoord.
Ek: Wat doen jy in die winkel?
Sy: Ek is ‘n self geleerde scalpturer. Ek kan nie mense leer nie, maar ek kan hulle wys wat ek myself geleer het.
Ek: Wat het jou na Bathurst gebring?
Sy: Ons het eendag met niks ‘n nuwe begin gaan soek. Hier is daar plek vir almal, mense gee om, mense help mekaar hier. Hier is iemand wat ek ken wat ‘n alkoholis is. Elke môre is daar ‘n vrou wat hom gaan versorg, sorg dat sy klere skoon is, dat hy kos het, versorg is. Dis hoe mense hier is. Die wat niemand het krismis nie, kom hier bymekaar en gee mekaar ‘n persent, niemand is alleen nie.
Ons het nog ‘n lang gesprek oor ‘letting go’, maar dis eers toe ek my sparkling water (ons is op die motorfiets ) wil gaan drink dat ek vra: Wat is jou naam?

Sy: Cornelia. Jy moet dit onthou, want jy gaan nog eendag van my hoor.
Ek: In ‘n tydskrif as ‘n sculpturer? vra ek verras
Sy: Nee, ek skryf liedjies en sing dit in die Bistro op Sondae aande. Ek het nie my kitaar nie anders het ek vir jou gesing.
Ek: Ek wil hoor…
Sy: Op my foon is recordings….?
Ek: Asseblief!
Met haar foon teen my oor luister ek na die hartseer, rou stem van ‘n jong vrou se seer. Van ‘n vrou wat vertel hoe religion haar in prison gehou het, want sy mag nie sonde doen nie. Sy het ‘n belofte gemaak. ‘N prison van heroine… Van die miracle toe sy haar mind change, van die prison deure wat oopgaan.
Ek kyk na haar met ‘n knop in my keel.
Sy: weet jy hoeveel vrouens ek kan help met daai een song? vra sy. Wil jy nog hoor?
Ek: Ja, asseblief…
Ek luister en sien hoe Cornelia se lyf begin blom, die sagte glimlag om haar mond, wat dankie sê. Met my gedagtes bles ek haar.
Sy: Wanneer ek eendag my CD maak, pos ek vir jou een. Waar bly jy?
Ek sê.
Ek: Ek wil graag een hê. Vat my telefoon nommer en laat my weet.
Ek kyk in haar oë en sien iets het verander…die hoop het in wéét verander.
Dis toe die kunssinniges, kreatiewe denkers, die wat stukkend is, die wat seergekry het, die wat ‘n nuwe begin en kans in die lewe soek wat tussen die hoë ou bome van Bathurst kom skuiling soek.
Ek stap die trappies af met mistigheid in my oë en ek wéét ek het meer by Cornelia gekry as wat sy by my gekry het. Die plooi op my siel lyk skielik so onbenullig. Ek kyk na die clivias se kleure in die balies maar dit lyk vreemd uit plek uit….

Elizma Steenkamp

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Next Post

Herb talk series by Yvette Mulder

Thu Apr 22 , 2021
Herb garden introduction Do you love the fragrance of fresh herbs, do you often touch an herbal plant to sample its fragrance and even sometimes taste a leaf straight off the plant? Do you become excited by the idea of a plant giving you health benefits, delicious teas and beauty? […]