Kaligrafie, ‘n Kunswerk in elke letter.

Sunel Lourens Stoffberg

Kaligrafie – ‘n Kunswerk in elke letter, wat ‘n eeue oue storie vertel en nogsteeds ons hart snare streel. Hand geskrewe kalligrafie is ‘n kunswerk wat deesdae baie skaars is, maar kan nogsteeds in kunsklasse en aanlyn gevind word. Ons sien dit by funksies en op sosiale media, maar waar het dit begin? Hier is my storie en hoe die tegnieke van skrif, my passie vir klein skaal kunswerke begin het. 

Die woordeboek omskrywing van kalligrafie is die vorm van n mooi skrifstyl, maar hedendaags is dit meer omvattend.  Die eerste vorm van skrif dateer terug na 3000 vC in die Mesopotamiese era. Hierdie tekens is op rots en hout uit gekerf, maar met die eeue het dit evolusioner ontwikkel. Dit is veral in die Romeinse era waar die skrif en letters op papirusvelle begin vorm aanneem. In omstreeks die 7de eeu het die monnike hul skrif gebruik tot verheerliking van God. Nie alleen was dit gekenmerk deur mooi skrif nie, maar is versierings ook deel daarvan. 

Verskeie skryfstyle het toe in Europa gevloei uit die ou Romeinse kursiewe skrif.  Soos meer letters op n bladsy aangewend is, so het die eens rondvormige letters, meer ingedruk geraak en teen die 13 de en 14 de eeu meer streepvormig geraak.  Dit het toe gelei tot die ontstaan van die Gotiese (Gothic) of Ou Engelse skrif.  Dit is juis hierdie skrifstyl wat ek beoefen.

Kalligrafie oftewel sierskrif het ek sedert laerskool (1975) beoefen.  Aanvanklik was dit net die teken van letters en die inkleur daarvan.  Eers tydens hoërskool het ek die Gotiese skrifstyl bemeester.  My onderrig was by Worcester Hoër Handelskool, maar ekstra kunslesse is geneem middae by Worcester  Hoërskool se kunsafdeling.   Hierdie stokperdjie was baie handig om namens my vriendinne liefdesboodskappe  te skryf, asook oorkondes en die doopname in die Bybels van nuwe dooplidmate.

In my naskoolse opleiding aan die Tygerberg Tegniese Kollege het ek voortgegaan met kunsklasse van teken en skilderkuns. Teen die einde van die jaar het ek die jaareind uitnodingkaartjies, ontwerp en in Gotiese skrif verwoord.  Ek was kort daarna raakgesien deur ‘n Argiteks firma wat die talent tussen die twee kon saamtrek en my opgelei om dit hand-aan-hand te gebruik in argitektuele tekeninge.  Dit was fantasties om my liefde van kuns en skryf as stokperdjie, saam met die formele bouplanne te beoefen.
Getroud en tydens my man se finale jaar van diensplig by die Infanterieskool te Oudshoorn het ek ‘n groot projek aangepak.  Die Oorkonde vir Dienspligkapelane het die lig gesien. Die Gotiese skrif is gekombineer met die inkleur van bepaalde letters.

Ons vestiging in Port Elizabeth en die begin van ons beroepslewe en uitbreiding van die gesin het die uitoefen van my stokperdjie, op die agtergrond geskuif.  Dit was baie sporadies waar ek die geleentheid benut het om enkele kaarjies en slagspreuke as versierings te skep. Vroeg in die 2000 het ek deelgeneem aan n VLV kompetisie en het my kalligrafie inskrywing gewen.

Sederdien het ek my fokus op familie/vriende troues, verjaarsdae en kunswerke gesit. Dit was maar onlangs dat ek die uitdagende stap gevat het, om my kunswerke op sosiale media te deel. Die sosiale media het my ingekatrol en tans is ek op verskeie kalligrafie platforms betrokke.  Die energie is aansteeklik en het my kreatiewe talente behoorlik aan die brand. Die ontdekking van ander tegnieke en idees is geweldig stimulerend om nuutskeppend te wees. Die kombinasie van kuns en skrif fassineer my.  Saam hiermee beoefen ek ook baie fynwerk met dun punt penne onder ʼn vergrootglas.  My beste tyd om hierdie passie uit te leef is wanneer dit stil raak in die huis tot in die vroeë oggendure.

My wenke aan voornemende beoefenaars van “mooi skryf” is die volgende.  Besluit eerstens of jy die formele skryfstyle wil aanleer en of jy eerder die beginsels en tegnieke daaraan verbonde wil bemeester, maar daarop jou eie unieke stempel afdruk. 

Tweedens is die aanskaffing van die regte gereedskap en papier belangrik. Die derde wenk is die aanskaf van boeke of die besoek op aanlyn webwerwe om jou te leer en sodoende jou horisonne te verbreed. Die laaste en moeilikste gedeelte is geduld en oefen, oefen en weer oefen. Slegs deur te oefen kan jy streef na die perfekte handskrif. ‘n Kunswerk in elke letter.

Sunel Lourens Stoffberg

Kalligraaf met ‘n passie vir kuns

John

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Next Post

Little-Feat alive – Geoff Burgess and snakes

Mon Apr 26 , 2021
Geoff lives in Buffeljags Rivier on the ourskirts of Swellendam and is often called upon to assist with removing and advising on snakes in the area I think I was born with a love of nature and for as long as I can remember I have had a fascination for […]