Die Boekwinkel – Eduan Swanepoel

Vandag kom ‘n bejaarde inwoner van Huis AA Tomlinson by Bokmakiri aan. Met wandelstok. Hy beweeg stadig en moeisaam. Pragtige Overbergse aksent. Loop van rak tot rak. Dit duur seker ‘n uur, die wandeling deur die winkel. Daar is baie stoele deesdae, dus sit hy kort-kort. Om te rus en om te lees. Ek onthou hom van vorige besoeke. Hy vra uit oor die nuwe Schoeman-boeke van Protea Boekhuis wat op die uitstalrak staan. Gesels onderhoudend oor die laaste Schoeman wat hy gelees het. Geskenk van sy seun, vertel hy. Toe vra hy na die Nederlandse rak, wat sedert sy laaste besoek geskuif het. Uiteindelik, skuifel-skuifel, kom hy by die toonbank. In sy hand het hy ‘n pragtige uitgawe, in leer gebind en in ‘n boks, van Jan de Hartog se Hollands Glorie. Ek bly verstom oor wat mense lees. Oor watter mense watter boeke lees. Sy vreugde by die vind van dié boek was my vreugde ook.

Eduan Swanepoel – Bokmakiri

John

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Next Post

Homesteading Money Matters

Tue Jul 13 , 2021
Tracey Micha Some people just want to grow their own vegetables with self-sufficient gardening. Others want to raise their own animals. Some take it even further and want to be even more independent and have a complete self-sufficient lifestyle, by living totally off the grid. It is important to have a goal in […]